top of page
Recent Posts
Featured Posts

Fotohokkie


Fotohokkie se unieke kiekies


Teenoor vandag se slimfone met hulle uitstekende kameras en toeps vir fotoredigering klink fotohokkies so half uit die oude doos. Toeps soos Instagram en Snapchat moedig gebruikers aan om hulle foto’s te redigeer en ‘n doelgemaakte weergawe van hulle lewens aan hulle familie en vriende te wys. Daarenteen is fotohokkies taamlik groot, staan op een plek en laat nie juis redigering toe nie. Maar voor jy fotohokkies as nutteloos afskryf, onthou gerus dat hulle deesdae uiters gewild is by allerhande geleenthede, veral troues.


Dit is ‘n baie veelsydige en snelgroeiende bedryf en nuwe variasies van die beskikbare soorte kom gereeld by. Daar is iets vir elkeen, van die nostalgiese toegeboude fotohokkie tot ‘n oop hokkie, of selfs iets meer modern soos ‘n opblaashokkie of een met spiels. Die verskeidenheid is baie groot – vir elke smaak en geleentheid is die perfekte hokkie beskikbaar.


Fotohokkies as vermaaklikheid

Fotohokk


ies bied heerlike kuieraktiwiteite met rekwisiete en lawwe kostuums om hulle interesanter te maak – ‘n mens sien hulle dus by has elke geleentheid waar groot getalle gaste verwag word. Omdat ‘n fotohokkie so maklik aangepas kan word, is dit geskik vir ‘n geleentheid soos ‘n troue, ongeag die tema. ‘n mens kan feitlik alles laat pasmaak – van die agterdoek en die fototemplaat tot die rekwisiete en selfs die hokkie self.


‘n Fotohokkie is heerlike Vermaak vir gaste, veral wanneer die ete bedien word. Die bied welkome afleiding tydens die toustanery by die kostafels; terwyl van die gaste opskep, geniet ander ‘n unieke en onvergeetlike ervaring. En dan is daar die belangrikste deel van enige fotohokkie – die aandenkingsfoto. Ja, selfies het hulle plek, maar ‘n gedrukte strook unieke foto’s wat die hoogtepunte van iemand se spesiale dag vasvang, is die perfekte geskenke vir elke gas – bekostigbaar en oorspronklik.


Fotokokkies so reg uit toeka se tyd

Die ouer geslag gaan hulle jongtyd onthou en skoon nostalgies raak oor ‘n fotohokkie, terwyl die jongklomp dit waarskynlik sal beskou as ‘n unieke Ouwêreldse belewenis, met ‘n spesiale geskenke van ‘n stook foto’s wat hulle huis toe kan neem. Ongeag jou ouderdom – ‘n fotohokkie is 100% die ware Jakob. Gaste kry eiesoortige foto’s vir hulle sosiale media. Sommige fotohokkies maak daarvoor voorsiening om die foto’s regstreeks op ‘n gas se sosiale media te plaas, met baie minder of geen redigering. Die foto’s word ook dadelik gedruk en verskaf ‘n onopgesmukte, spontane herinnering aan daardie onvergeetlike oomblike tydens ‘n wonderlike samekoms, wat baie jare lank bewaar kan word.


Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page