top of page
Recent Posts
Featured Posts

Fotografie


Credenda Wedding Venue

Hoe kies ek die regte fotograaf vir my troue?

Jou groot dag kan baie spanningsvol raak en die meeste bruide het baie vrae, veral oor die rokke, onthaalplekke, koek, gaste en fotografie. Fotografie maak ‘n belangrike deel van jou troue uit. Dit is die manier waarop jy herinneringe gaan koester lank nadat die dag verby is. Jy gaan foto’s van julle dag teen die muur en yskas sit, in jou beursie hou en as geskenke vir jou liewe familie gee. Fotograwe het ‘n groot verantwoordelikheid om jou spesiale dag in foto’s vas te vang. Dit is daarom belangrik om die regte persoon te kies om jou foto’s te neem.

Hier is ‘n paar wenke om die regte fotograaf vir julle troudag te kies, asook ‘n paar beplanningswenke.

Maak kennis met jou moontlike fotograaf voor jy hom/haar bespreek vir jou troue. Dit is belangrik om te weet of julle oor die weg gaan kom. Jy weet dan ook wat om van die fotograaf te verwag op die dag van jou troue.

Oorweeg ‘n sessie saam met die fotograaf tydens julle verlowing.

Dit is goed om te sien hoe hy of sy werk en wat om te verwag op julle troudag. Die verlowingsfotosessie is ‘n heerlike manier om te bepaal waarmee julle gemaklik is en waarmee nie.

Begin altyd ‘n bietjie vroëer met jou grimering, veral as baie mense gegrimeer moet word. Die bruid moet rustig wees op haar spesiale dag. As die grimering langer neem as wat jy beplan het, is jou hele program agter schedule.

Kies ‘n kamer met karakter en maak seker dis skoon en netjies voor die fotograaf kom. Netjiese kamers maak mooier foto’s.

Steek die strooimeisies aan die werk as iets gedoen moet word – hulle is daar om te help.

Bespreek gerus die tydlyn met jou fotograaf. Dit is belangrik dat almal wat op die dag by die troue betrokke is, ‘n finale tydlyn van julle ontvang.

Dit sal byvoorbeeld insluit wanneer jy by die lokaal opdaag, wanneer iemand toesprake maak, die eerste dans ens. So help jy om orde te skep en jy help ook die fotograaf om nie belangrike foto’s te mis nie.

Kommunikasie voor, tydens en na die troue is baie belangrik. Gesels oor spesifieke foto’s en idees vir jou dag.

Reël met die onthaallokaal om ‘n aparte eetplek te dek vir die fotograaf.

Wees vriendelik en hoflik, gesels en vra gerus as jy iets spesiaals wil afneem wat nie vooraf bespreek is nie. Foto’s wat in ‘n vriendelike atmosfeer geneem word, is tien keer mooier.

Vra ALTYD vir ‘n kontrak – moet nooit enige verskaffer bespreek sonder om ‘n kontrak te teken nie.

Wat kan ek my fotograaf vra wanneer ons ontmoet?

Sal jy my fotograaf wees?

Is daar . tweede fotograaf of assestent by die packet ingesluit? (Oorweeg dit gerus, want so kry jy ‘n wye verskeidenheid foto’s)

Wat is ingesluit in ons fotopakket en wat ontvang ons alles na die troue?

Hoe lank is die tydsduur van die packet? (Jy wil nie hê jou fotograaf moet loop voor julle die koek sny nie.)

Wat is die addisionele kostes as die fotograaf langer as die bespreekte tyd moet aanbly?

Was jy al by die lokaal waar ons trou? (Vind uit of die fotograaf die locale kan besoek voor die troue sodat julle weet waar die beste foto’s geneem kan word.)

Hoe lank wag ons vir die foto’s?

Is daar ‘n album in die pakker ingesluit? Kan ons veranderinge maak?

Hoe lank voor die tyd sal die fotograaf by die lokaal wees?

Wat is die noodplan as daar iets gebeur en jy nie meer ons troue kan afneem nie?

Het jy ‘n portefeulje waarna ek kan kyk?

Het jy ‘n spesifieke fotografiestyl?

Kan ek my inspirasie en idees met jou deel?

Watter inligting het jy nodig voor my troue?

Is daar enige ekstra reis- of verblyfkostes?

Wanneer sal ek ‘n kontrak ontvang?

Is daar ‘n deposito, en wanneer moet dit betaal word?

Vra jouself voor jy jou fotograaf bespreek: Voel ek gemaklik met die persoon se

persoonlikheid, werk en kommunikasie? Het die fotograaf geluister na my voorstelle en vrae?

Gaan die fotograaf my spesiale dag vasvang? Daar is net een kans om dit reg te doen.

Ten laaste, lig jou gaste in om op die uitkyk te wees vir die Fotograwe. Jy wil graag jou gaste op die foto’s vasvang. Selfoonfoto’s moet beperk word, want dit beinvloed die lig en kwalitiet van die foto’s, en daar is niks wat spesiale oomblike so vernietig soos iemand wat met ‘n selfoon voor die bruidspaar inspring as hulle uit die kerk stap nie.

Die belangrikste is om te onthou om elke sekonde van jou dag te geniet. Glimlag tot jou wange styftrek! As jy jou oë uitvee, is jou troue waaraan jy maande beplan het verby.

Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page