top of page
Recent Posts
Featured Posts

Blomme


Vintage chic farm wedding

Blomme vir jul heel mooiste dag

Elke bruid beplan lank aan haar troudag en weet presies hoe haar dekor en blomme moet lyk. Al is jou kapel en ontyhaalsaal prentjiemooi, het jy nogsteeds blomme nodig om die nodige atmosfeer te skep en dit is hoekom jy net die allerbeste bloemis moet kies.

Bloemistewysheid:

Tydens jou afspraak met die bloemis moet jy jou prentjie volledig skilder, byvoorbeeld met foto’s van jou idees, ‘n foto van jou trourok en kleurvoorbeelde van jou strooimeisies se rokke – hoe meer inligting jy kan gee, hoe beter.

Vra ook die volgende vrae:

Sal dit vir hulle moontlik wees om binne jou begroting te kan werk?

Voorsien hulle vase, kandelare, kerse, tafellinne en ander dekor?

Hoeveel ander troues doen hulle ook op daardie dag?

Kan hulle vir jou die blomme vanuit die kapel na die ontyhaalsaal skuif, en is daar enige kosteimplikasies?

Hoe laat begin hulle met die opstel, en hoe laat sal hulle omtrent klaar wees?

Die antwoorde op die vrae hierbo is goeie riglyne vir wanneer julle die bloemis vir jul troue kies.

IDEES VIR JULLE BLOMME:

Kapel:

Die tradisionele groot kerkruiker wat voor in die kerk geplaas word, is nogsteeds baie gewild. Dit bevat gewoonlik ‘n groot verskeidenheid loof en blomme in jou troukleure en word op ‘n tafeltjie of stander geplaas. ‘n Kleiner weergawe hiervan by die kerkingang is ook mooi. Baie bruide verkies egter deesdae ‘n mooi blomboog by die ingang en voor in die kapel, saam met gangruikers wat aan die kerkbanke vasgemaak word.

Onthaal:

Hooftafel – Versier die voorkant van jou tafel met ‘n lang ruiker wat weerskante van die tafel afhang en baie loof bevat, of groepeer klompe klein vasies van verskillende groottes gevul met loof en blomme. Dit is ook baie modern om ‘n loper van voile hieronder te sit wat in sagte plooie afhang.

Gastetafels:

Hier is jou keuses eindeloos en hand die styl heeltamal van jou soort troue af.

Ouwêreldse/Vintage-troue:

Vintage Farm wedding

Gebruik bottels en blikkies wat met kant, lint en knopies Versier is. Vul hulle met klein, fyn blommer en plaas hulle in die middle van die tafel op ou boeke en houtstompe, saam met mooi lanterns of blikwindpompies.

As ouma of mamma dalk ou koppies het, kan jy hulle gerus met kerswas laat vul en hierby sit.

-Blomme: vetplantjies, kolkol, brunia, lysianthus, mini-angeliere en klein proteas

Swierige troue:

Baie glas, kristalle en spiels word hier Gebruik. Kristal-, goue of silwer kandelare met ‘n pragtige groot ruiker bo-op, met kristalle wat afhang, word bo-op ‘n spiel geplaas met kerse rondom wat die kristal se skittering beklemtoon.

-Blomme: orgideë, lelies en rose.

Strandtroue:

Wees anders en vroeg elegansie by jou dekor! Plaas jou blomme in groot silwer bake op die strand en op jou tafels. Voeg lang kershouers by met elegante, lang wit kerse daarin. En drink julle vonkelwyn uit die mooiste langsteelglase van kristal.

-Blomme: hope wit rose.

Tuintroue:

Dek lang tafels onder pragtige ou bome en hang lanterns en liggies bo-oor die tafels. Gebruik helderkleurige blomme – pienk, pers, groen, rooi – en plaas hulle in houthouers, met lang kerse in kershouers van verskillende lengtes daartussen. -Blomme: Kristante, angeliere, rose, papawers, tulpe, gerberas en lelies.

Laastens ‘n paar wyse woorde:

Moenie toelaat dat iemand jou laat afsien van jou spesiale idees nie. Hulle loop al baie jare saam met jou – dit is jou troudag. Gaan loop ‘n draai in jou ontyhaalsaal as dit klaar Versier is en neem die mooiheid daarvan in, voordat jou gase ingaan.

Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page