top of page
Recent Posts
Featured Posts

Onderklere

Wanneer jy as toekomstige bruid alleen in jou bad sit en afkyk na jou voete met die rooi warmwatermerke, moet jy voel jy is mooi nes jy daar sit. Dit is wanneer jy moet besef dat sonder die groot wit rok, grimering en hare wat opgedollie is, jy meer as goed genoeg is.

Al die mooimakery beklemtoon maar net jou pragtige eienskappe wat alreeds deel is van jou. Geniet jou troudag wanneer jy van kop tot tone bederf gaan word en op die hande gedra gaan word, om soos ‘n regte Esther beeldskoon te lyk. Een van die aspekte van die mooimaakproses is om die regte onderklere te kies. Alhoewel dit ‘n sensitiewe onderwerp vir sommige bruide kan wees en baie vrouens die onderwerp vermy, is dit eintlik baie belangrik om hieroor te praat.

Ons deel graag ‘n paar wenke:

Wenk 1: Laat meet jou borsgrotte professioneel. Dit is baie belangrik vir ‘n vrou se postuur en gesondheid om die regte koppiegrootte te dra. Elke bruid moet gemaklik in haar eie lyf voel en mooi onderklere laat enige vrou net nog mooier en gemakliker voel. Onderklere vir die wittebrood kan by die hennepartytjie aan die bruid gegee word. Dit is die strooimeisies se verantwoordelikheid om die regte groottes by die bruid te kry.

Wenk 2: Moet verkieslik nie die mooi wittebroodonderklere by die kombuistee oopmaak nie, om ongemaklikheid te vermy.

Wenk 3: Wanneer die tyd vir trourok aanpas aanbreek, is dit belangrik dat jy elke aanpassing die regte onderklere aan het. Dra ‘n vleeskleurige buusrelyfie en soomlose onderklere om te voorkom dat iets uitsteek of dat ongewenste lyne wys. Dit help ook om ‘n beter geheelbeeld te kry.

Wenk 4: Wanneer die dag al hoe nader kruip en jy deur al die spanning te veel middernagkoekies uit die spens gesteel het, en nog nie al die gewig verloor het wat jy wou nie, is daar niks fout met vormdrag nie. Vormdrag is ‘n gemaklike oplossing om alles in plek te hou en ‘n paar ongewenste sentimeters weg te steek. Kies ‘n vleeskleurige een sodat dit nie sigbaar is nie.

Wenk 5: Maak seker jou onderklere skyn nie deur jou rok nie, en maak ook seker dat die ingeboude ondersteuning dieselfde kleur as jou vel is.

Wenk 6: Indien jy kies om ‘n plakbra te dra op jou troudag, bestee eerder bietjie geld en koop ‘n nuwe een wat verseker gaan plak regdeur die spanning-sweet en lekker dans.

Die belangrikste ding aangaande onderklere is dat jy gemaklik is. Die dag raak lank, en gemaklikheid is dus baie belangrik. Enige vrou wat gemaklik voel in haar lyf, toon selfvertroue en lyk mooi.

Gemaklik en mooi moet hand aan hand gaan. Mooi onderklere sal jou mooi laat voel en jy sal na buite uitstraal. Die regisseur van Gone with the wind, ‘n rolprent uit vervloë jare, het aan die aktrise wat die hoofrol vertolk her, Vivien Leigh, gesê dat haar karakter, Scarlett O’Hara, ‘n pragtige onderrok onder haar rok moet dra. Sy het gevra waarom, want niemand sou dit tog sien nie. Hy het geantwoord: “Maar jy sal dit weet”.

Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page