top of page
Recent Posts
Featured Posts

Venues

Oorwegings wanneer jy ‘n troulokaal kies...

Die opwinding van julle verlowing het uiteindelik bedaar en dis nou tyd om jou droomtroue te begin beplan. Baie besluite wag, maar staan eers terug en kom ooreen op ‘n begroting, want dit sal jou lei in die talle keuses wat voorlê.

Credenda Wedding Venue

Begrotings is ‘n pyn – maar ‘n troue kos geld en jy wil nie jou hart op ‘n onbekostigbare onthaalplek verloor nie. As julle geld uitgee op ‘n “droomlokaal”, word dit dalk ‘n nagmerrie wanneer verskuilde kostes opduik.

Hoe kies ‘n mens dus die volmaakte plek om die jawoord te gee?

Probeer om nie naweke op ‘n “trouplekskattejag” te gaan nie, want dit kan jul net meer verwar. Gaan sit en besluit op die sort troue wat julle graag wil hê.

ONTHOU:

Credenda Wedding Venue

Besluit op ‘n begroting – trou onkoste is die wet van Transvaal en ‘n mens wil nie die detail wat julle troue uniek maak, afskeep omdat julle te veel aan

die troulokaal bestee het nie.

Kies ‘n datum, en as jou geliefde versot is op sport,

probeer om enige groot sportgebeurtenisse in ag te neem – te veel trouonthale het al gesneuwel weens Wêreldbeker-eindtryde.

Vorm ‘n duidelike prentjievan die styl, tema en atmosfeer wat jy vir jou volmaakte dag wil skep, maar wees nietemin steeds buigsaam en oopkop.

Credenda Wedding Venue

Die ligging is belangrik, veral as baie van julle gaste van elders is en blyplek naby die gekose lokaal nodig het.

Gaan kyk na julle kortlys van hoogstens 5 lokale en

kies die mees gapaste een – bespreek dit, en onthou, julle moet dalk ‘n ander datum oorweeg om die lokaal van jou drome te bespreek.

Behou jou humorsin en onthou dis julle spesiale dag – probeer spanningsvlakke bestuur, bespreekdaardie massering, geniet elke oomblik en skep lifelike herinneringe.

Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page