top of page
Recent Posts
Featured Posts

Blaarvars

Met die groen, grafiese voorkoms kan jou troudekor treffend lyk en boonop aansluit by die botaniese voorkoms wat nou hoofmode is.

Wedding table decor

TAFEL EN BLOMME

Met groen as Pantone se kleur van die jaar en doe botaniese patrone wat deesdae oral te sien is, is blare 'n heerlike en maklike tema vir 'n troue. Kikker dit so 'n bietjie op met roosgoud en interesante geometriese vorms en jy het 'n wenkombinasie. Dit is modern en vars. Blare is 'n sterk ontwerpelement op hulle eie en daarom kan die een deel van 'n tafel net net moderne potte met blare versier word. Maar wat sal 'n troutafel wees sonder blomme? Daarvoor is 'n mooi gerangskikte ruiker in 'n mengsel van groen en wit ingespan. Die onderborder werk wonderlik saam met die groen blaar aan die bokant. Die roosgoudkleurige eetgerei en groen glase asokk die geometriese lyne wat in die spyskaartontwertp herhaal word, bring die hele prentjie bymekaar. Die tafel word afgerond met geskenkies vir die gaste wat bestaan uit 'n koekie met 'n goren suikerblaar daarop.

HANDRUIKER

Die bruid se handruiker is hoofsaaklik van groen blare gemaak om te pas by die tema. Dit kry net so 'n spatsel wit om die groen te breek.

BLOMMEKRANSE

Vir die bruid en blommemeisies se hare: een rustiek met groen blare en bessies wat roosgoud gespuitverf is, en die ander uit wit krismisrose om 'n sagte tuingevoel te skep.

BOUTONNIÈRES EN CORSAGES

Baie mans hou nie van 'n blomknoopsgatruiker nie. Vir hulle is die blaarmotief wat uit wit perspeks gesny is en met 'n magneet vasgesit wordideaal. Die vroue se corsages is in sagte wit met 'n titsel groen en roosgoud.

Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page