Rolle en Take
HOOFSTROOIJONKER
* Reël die rampart
* Sorg dat al die strooijonkers se pakke, dasse en knoopsgatruikers by die bruidegom s'n pas
* Vervoer die bruidegom na die trouplek en reël vervoer vir die pasgetroudes
* Sê vir die ander strooijokers wat hulle take is
* Koop 'n geskenk vir die bruid
* Skryf en lewer 'n toespraak
* Vergesel die hoofstrooimeisie na die seremonie
HOOFSTROOIMEISIE
* Reël die henneparty
* Help die bruid om 'n trourok en rokke vir die strooi- en blommemeisies te kies
* Sê vir die ander strooimeisies wat hulle take is
* Help die bruid pm reg te maak en kalm te bly!
* Is teenwoordig as getuie wanneer die trouregister onderteken word
* Kyk dat die bruid se rok en sluiert regdeur die verrigtinge perfek is
PA VAN BRUID/BRUIDEGOM
* Betaal die repetisie-ete (BRUIDEGOM)
* Stel die heildronk in by die repetisie-ete (BRUIDEGOM)
* Tree op as mede-gasheer en help om die onthaal te betaal (BRUID)
* Lei die bruid na die kansel (BRUID)
* Lewer 'n toespraak op die troue (BRUID)
* Betaal die drinkgoed by die onthaal (BRUIDEGOM)
MA VAN DIE BRUID/BRUIDEGOM
* Reël en tree op as gasvrou by die repetisie-ete (BRUIDEGOM)
* Bring die gasteboek na die onthaal (BRUID)
* Help die bruid om haar trourok te kies (BRUID)
* Staan die strooimeisies by (BRUID)
* Help die seremonie en onthaal reël (BRUID)
* Tree op as mede-gasvrou by die onthaal (BRUID)
STROOIJONKERS
* Help om die ramparty te reël
* Vou en deel die program met verrigtinge by die deur uit
* Gee aan die familielede hulle skouerruikers voordat hulle hul stiplek inneem
* Vergesel die stooimeisies na die seremonie
* Help die bruidegom om die trou-motor te versier
STROOIMEISIES
* Bied aan om die geskenke vir die gaste te maak, te versier en uit te deel
* Help om die henneparty te reël
* Is gereed ingeval die bruid iets nodig het
* Is van die eerstes op die dansvloer, en moedig ander gaste aan om ook te dans
* Volg die bruid en hoofstrooimesie na die kansel toe
