top of page
Recent Posts
Featured Posts

Trou Wenke


Farmstyle weddings

Daar sal waarskynlik nie weer 'n dag in jou lewe kom dat jy soveel moeite met jou voorkoms en rok sal doen nie. En dalk sal jy nooit weer so 'n groot feesviering reël soos vir jou troudag waar alles om jou, jou man, jul liefde en die samesyn met vriende en familie draai nie. En dit sluit natuurlik in 'n feesmaal, prentjiemooi dekor, blomme en versierings wat op die Pinterest-bord tuishoort. Hier is 'n paar wenke wat jou met jou beplanning sal help.

WENK - Rokerige grimering beklemtoon oogkleur en rooi lipstiffie plaas die fokus op 'n blosende gelaat.

WENK - Kies vir die bruidsruier geharde blomme en loof wat enige soort weer kan oorleef.

WENK - 'n Trourok van Franse kant met 'n klassieke styl en snit sal altyd tydloos bly.

WENK - Laat die kleuraksente van die trourok by die bruidegom se pak pas.

WENK - 'n Verlowingsfotosessie sal julle gemaklik voor die lens maak sodat jul troufoto's meer natuurlik lyk.

Outdoor weddings

WENK - Vra die fotograaf vooraf vir idees vir ontspanne foto's sodat julle nie op die dag jul kop daaroor hoef te breek nie.

WENK - Vra om die plekke te sien waar julle troufoto's kan laat neem wanneer jy 'n trouplek kies.

WENK - Maak seker dat jy ook binnenshuis kan trou in geval die weer verander.

Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page