top of page
Recent Posts
Featured Posts

Waaroor gaan dit werklik?


Farmstyle wedding

Die “volmaakte troue” lyk elke jaar anders, tesame met die jongste modeontwerpe en nuutste idees ten opsigte van skryfbehoeftes en dekor. Hoewel die idees inspirerend kan wees, kan hulle ook ‘n oorweldigende aantal keuses oplewer.

Elke bruid begeer die volmaakte troue. Soms is die druk om die meeste in die “eenmaal in ‘n leeftyd” dag te sit, egter so groot dat die groter geheel en dit waaroor die dag eidlik gaan, verlore gaan. Jou troue gaan oor jou, en jou geliefde, en jul nuwe verbintenis. Skep ‘n herinnering aan julle lewenslange toewyding en nie ‘n gedenksteen vir wat op die dag in die mode was nie.

Jou troue moet waarvan jy “vir altyd” gaan hou, weerspieël en nie vandeesweek se oorwaaigier nie. “Styl is baie persoonlik. Dit het niks met mode te doen nie. Mode gaan vinnig verby. Styl hou vir altyd” – Ralph Lauren.

‘n Troue is binne ‘n dag verby, maar jou troufoto’s is vir die res van jou lewe ‘n plesier of ‘n pyn. Volg jou hart en kies wat jou gelukkig maak en gemaklik sal laat voel.

Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page