top of page
Recent Posts
Featured Posts

Beplanning & Begroting

Dit is soms moeilik om die balans te kry tussen jou grootste droom van die perfekte dag, jou finansiële posisie en die tyd wat jy tot jou beskikking het.

Die begrotingsgesprek is een van die belangrikste gesprekke wat julle as paartjie gaan hê oor julle troudagreêelings. Kry met die gesprek duidelikheid oor wat die begroting vir die troudag behels en wie vir wat gaan betaal.

Die volgende kan julle begroting beïnvloed:

1. Die troudatum beïnvloed julle begroting direk. Wintertroues, oggentroues en weeksdagtroues is heelwat goedkoper as naweektroues.

2. Die hoeveelheid gaste beïnvloed die grootte van die venue, wat weer julle begroting beïnvloed.

3. Maak seker jou gaste RSVP betyds sodat julle nie onnodig vir gaste betaal wat nie gaan kom nie.

4. Maak seker jy weet presies wat by elke kwotasie ingesluit is.

5. Reken reiskostes vir julself en jul verskaffers in by julle begroting.

6. Reken ook julle as paartjie en die fotograwe en platejoggie in by die aantal gaste.

7. Wanneer julle jul wittebroodopsies begin oorweeg, onthou dat die tyd van die jaar en hoe lank vooruit julle bespreek, 'n baie groot rol in die prys speel.

Credenda Wedding Venue

Follow Us
Search By Tags
Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page