© 2023 by Wedding Venue. Proudly created with Wix.com

Cell: 082 843 5894 or 072 156 4485

  • facebook-square

Follow us

October 29, 2019

September 27, 2019

September 20, 2019

August 29, 2019

August 22, 2019

August 5, 2019

Please reload

Recent Posts

How to… arrange a beach wedding

November 10, 2019

1/10
Please reload

Featured Posts

Die Ring

July 5, 2019

In boeke en flieks skilder hulle ‘n verlowing as die

groot romantiese oomblik wanneer ‘n sonstraaltjie deur die wolke skyn en voëltjies begin sing.  Niemand vertel egter van die spanningsvolle ekskursie wat die arme voornemende bruidegom moes deurgaan voordat hy op sy knieë gegaan het nie.

 

Die meeste mans onderneem ‘n spannende speurtog om uit te vind waarvan sy gaan hou, plus ‘n gesoek en geskarrel van een winkel na die ander.  Dan is daar die raad van die twee ma’s en vriendinne wat sy geliefde eindlik nie sou vertrou om vir haar ‘n trui uit te kies nie.  En les bes is daar nog die koste van die hele storie – alles net om sy droommeisie se hartewens te vervul.

 

Goudsmede aanskou die dolle gejaag.  Hulle sien hoe dieselfde storie soos ‘n vasgehaakte grammofoonplaat herhaal word en wens dat hulle ‘n bietjie olie op die geroeste ratte kan gooi.  Wel, dit is presies wat ons vandag gaan doen, met raad wat goud werd is.

 

Verras haar met “wanneer” jy haar vra, en nie met “waarmeer” jy haar vra nie.  Betrek jou aanstaande by die ontwerp en die soek van die ring.  Tradisie sê net dat dit ‘n verrassing moet wees.  Jy wil nie die verrassing kry dat sy glad nie daarvan hou nie.

 

Kies tydloos.  Modes kom en gaan.  Maak baie seker dat die ontwerp wat julle kies, haar nie oor 80 jaar gaan laat skaam kry nie.

 

Kies vir haar leefstyl.  Wees ook prakties.  Dink aan hoe die ring gaan pas by haar alledaagse roetine en haar buitemuurse aktiwiteite.

 

Praat oor jou begroting.  Ons weet dis ‘n gevoelige onderwerp, maar as jy van die begin af vir jou konsultant sê met watter bedrag jy gemaklik is, dan mors julle nie mekaar se tyd nie.  Moet ook nie skaam wees om te sê as dinge te duur word nie.  Konsultante is geleer om hulle na jou wense te skik

 

Kies iets wat lank gaan hou.  Daar is ‘n groot verskeindenheid pragtige stene beskikbaar, byvoorbeeld tanzanite en morganiet.  Goudsmede wens egter hulle het ‘n towerstaffie om die stene net so hard soos diamante te maak.  Sulke stene kan maklike beskadig word en hulle lyk sommer gou verwaarloos.  Dit beteken dat die steen waarmeer sy in die kerk ja gesê het, mettertyd vervang sal moet word.  

 

Ronde stene is duurder as ander slypvorms.  Dis dalk nie wat die kettingwinkels jou laat verstaan nie.  Die waarheid is dat daar ‘n groter vraag is na ronde stene en dat die sierslypvorms moeiliker is om in die hande the kry vir grootskaalse vervaardiging.

Moet jou nie blind staar teen die steen se spesifikasies nie.  Geen vrou het al ooit terwyl sy staan en san slaai maak, vir ‘n ander vrou gesê: “sjoe, is jou diamant ‘n 0.4 karaat, D, VVS1?”  Dit is omdat die verskille mikroskopies is.  Vroue praat wel oor hulle stene se groottes, want dis iets wat hulle kan vergelyk.

 

Maak seker van die ring se grootte.  Daar moenie foute kom met die passing van die ring nie.  Dis jou geliefde se spesiale dag en jy wil haar nie laat “vet” voel voor haar familie en vriende omdat jy sukkel om ‘n ring aan haar vinger te kry nie.

 

Maak die oomblik spesiaal.  Vra een van haar vriendinne om haar te neem om haar naels te laat doen voordat jy haar vra.  Dit klink dat laf, maar niks lyk so sleg op verlowingsfoto’s soos ‘n pragtige ring op ‘n hand waarvan die naellak halfpad af is nie. 

 

Vang die spesiale oomblik vas.  Ons weet dit is ‘n intieme oomblik, maar dit is rêrig die moeite werd om iemand te vra om foto’s te neem van julle verlowing.  Soveel ouens beplan hierdie Belangrike Oomblik haarfyn, meer het agterna nie record daarvan nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Follow Us
Please reload

Search By Tags