September 23, 2020

September 17, 2020

September 8, 2020

August 26, 2020

August 12, 2020

June 21, 2020

Please reload

Recent Posts

Dress SENSE

September 23, 2020

1/10
Please reload

Featured Posts

Venues

June 20, 2019

Oorwegings wanneer jy ‘n troulokaal kies...

 

Die opwinding van julle verlowing het uiteindelik bedaar en dis nou tyd om jou droomtroue te begin beplan.  Baie besluite wag, maar staan eers terug en kom ooreen op ‘n begroting, want dit sal jou lei in die talle keuses wat voorlê.

 

Begrotings is ‘n pyn – maar ‘n troue kos geld en jy wil nie jou hart op ‘n onbekostigbare onthaalplek verloor nie.  As julle geld uitgee op ‘n “droomlokaal”, word dit dalk ‘n nagmerrie wanneer verskuilde kostes opduik.

 

Hoe kies ‘n mens dus die volmaakte plek om die jawoord te gee?

Probeer om nie naweke op ‘n “trouplekskattejag” te gaan nie, want dit kan jul net meer verwar.  Gaan sit en besluit op die sort troue wat julle graag wil hê.

 

ONTHOU:

 

Besluit op ‘n begroting – trou onkoste is die wet van Transvaal en ‘n mens wil nie die detail wat julle troue uniek maak, afskeep omdat julle te veel aan

die troulokaal bestee het nie.

 

Kies ‘n datum, en as jou geliefde versot is op sport,

probeer om enige groot sportgebeurtenisse in ag te neem – te veel trouonthale het al gesneuwel weens Wêreldbeker-eindtryde.

 

Vorm ‘n duidelike prentjievan die styl, tema en atmosfeer wat jy vir jou volmaakte dag wil skep, maar wees nietemin steeds buigsaam en oopkop.

 

Die ligging is belangrik, veral as baie van julle gaste van elders is en blyplek naby die gekose lokaal nodig het.

 

Gaan kyk na julle kortlys van hoogstens 5 lokale en

kies die mees gapaste een – bespreek dit, en onthou, julle moet dalk ‘n ander datum oorweeg om die lokaal van jou drome te bespreek.

 

Behou jou humorsin en onthou dis julle spesiale dag – probeer spanningsvlakke bestuur, bespreekdaardie massering, geniet elke oomblik en skep lifelike herinneringe.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Follow Us
Please reload

Search By Tags
Please reload

Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

© 2023 by Wedding Venue. Proudly created with Wix.com

Cell: 082 843 5894 or 072 156 4485

  • facebook-square

Follow us

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now