September 23, 2020

September 17, 2020

September 8, 2020

August 26, 2020

August 12, 2020

June 21, 2020

Please reload

Recent Posts

Dress SENSE

September 23, 2020

1/10
Please reload

Featured Posts

'n Mooi ruiker

May 8, 2019

Is jy nie seker watter styl bruidsruiker vir jou bruilof gaan werk nie? 

Ons het 'n gids saamgestel wat jou sal help om die regte keuse te maak. 

 

 

 ROND 

'n Tradisionele ronde ruiker, wat dikwels met net een hoofsoort blom gemaak word. 

Blomme wat jy kan gebruik: Kies enige soort blomme wat in seisoen is en by die styl en die kleurskema van jou troue pas. 

 

LANGSTEEL

Die ruiker word gewoonlik met langsteelblomme gemaak en in die 'wiegiestyl' in die bruid se arms gerda met die oop onderstele van die blomme wat sigbaar is. 

Gebruik: Lelies, swaardlelies, orgideë, rose, ridderspore of tulpe. 

 

MINIRUIKER

Die klein ruiker (die Engelse noem dit 'n posy) id gewoonlik kleiner en losser en kan in vergelyking met groter, meer formele rangskikkings maklik in een hand gehou word. - perfek vir strooi- en

blommemeisies. 

 Gebruik: Rose, peonies, tulpe en ranonkels. 

 

'NEUS' - RUIKER

Die Engelse noem dit 'n nosegay: 'n ornament wat die neus sal steel.  Die ruiker bestaan uit 'n bos blomme wat styf teen mekaar gebruik word met die stele ewe lank gesny en dan styf toegedraai in lint of organza. 

Gebruik: Hou by een soort hoofblom en vul dit op met kleiner blomme of groengoed. 

 REUKBAL

Die hangende blombol (pomander) is 'n mooi opsie

vir blommemeisies, of dit kan dekoratief gebruik

word. 

Gebruik: Kleiner blomme in een kleurskema. 

 

KASKADE-STYL

'n Ruiker wat rond is aan die bokant, nouer loop na onder en dan oor die bruid se hande tuimel vir 'n meer formele 'waterval'-styl. 

Gebruik: Enigeiets met 'n lang steel, byvoorbeeld rose of aronskelke, saam met groen blare. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Follow Us
Please reload

Search By Tags
Please reload

Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

© 2023 by Wedding Venue. Proudly created with Wix.com

Cell: 082 843 5894 or 072 156 4485

  • facebook-square

Follow us

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now