MOOIER AS MOOI

Moet dit nie naby 'n kerkpaadjie waag sonder die skoonheidswenke nie!

Laat jou oë groter lyk deur 'n verligtingskadu by die binnehoeke aan te wend.

Kies grys en koeler ondertone om jou grimering subtiel te hou.

Hou die skakerings van jou oogskadu in dieselfde familie.

Maak lip- en oogpotlode skerp om die gevaar van infeksie te beperk.

Verwyder lipstif van jou tande deur 'n vinger in jou mond te steek en uit te trek.

Spaar stileertyd deur jou hare eers in 'n basiese vorm te blaas.

Wend altyd die oogomlyner voor die maskara aan.

Kies vir 'n droë vel 'n vloeibare onderlaag eerder as dik room of poeier.

'n Goeie vogroom kan net so goed werk soos 'n voorbereidingsroom (Primer).

Kyk afwaarts pleks van voor jou in die spieël wanneer jy vals wimpers heg.

'n Bleek potlood op die onderste ooglid maak die oë oop en verhelder dit.

    0